Tuesday, July 28, 2009

Great day for knitting


Gisteraand se funksie was redelik suksesvol. Dink die cupcakes moes kleiner gewees het - meer bite-size. Anyway, sal sien of daar iets van kom.

Sluit vandag 'n kiekie in van my nuutste passie: tea cosies!! Was nog altyd mal oor tea cosies en het onlangs 'n fabulous patroon gekry op die internet. Moes wel 'n video op die internet kyk om te sien hoe om kabelsteek te doen, maar dit is eintlik verspot maklik. Het nou al vir albei my teepotte cosies gebrei en is besig met een vir 'n vriendin. Dit is so lekker om iets van 'n patroon af te brei, want die kombers wat ek vir Helena brei kan nogals boring raak.

Monday, July 27, 2009

Dinge om te doen op 'n Dinsdag


Het aangebied om vanaand eetgoed vir die Huppelland skoolfunksie te neem. Begin toe dink aan wat Theuns nou die dag vir my gesĂȘ het oor catering werk - ek is so mal oor kosmaak, I might as well 'n bietjie geld daardeur maak.

So nou gaan ek vanaand die mees spectacular, lekkerste eetgoed skool toe neem en 'n kaartjie dat ek catering doen. Wie weet, dalk lei dit tot iets.

Meanwhile, 'n kiekie van die kinders in die tuin gister. Die weer is so stunning, hulle het actually die hele middag buite met die hond en in die jungle gym gespeel. Bring on summer.