Thursday, August 13, 2009

Rugby en shopping




Ek en Theuns was Saterdag op Nuweland vir die Springbokke se game teen Australiƫ. Wat 'n great dag!!! Ek dink ek was nog net een keer by 'n rugby game - saam met Helen toe ek destyds by 365 gewerk het en kaartjies vir 'n Stormers game in 'n raffle gewen het. Maar hierdie een was awesome!! Die laaste ou rusplekkie vir die Afrikaner nasie ten spyt.




Om 'n groot sportgeleentheid by te woon is soos om na 'n concert van een van jou gunsteling bands te gaan. Maak nie saak hoeveel keer jy na 'n cd kan luister nie, NIKS kom by die magic daarvan om iemand live te sien perform. Ditto met die Bokke op die kassie. I'm converted.




Het vandag vir Helena en Matilda se kamer 'n lampskerm gaan soek en die mees fabulous kussings by Mr Price Home gekry. Dit is eintlik bedoel vir die bank in Redelinghuys, maar tot tyd en wyl is dit op die blou bank in my sitkamer.




PS Die kinders sit vasgenael voor CBeebies. Honestly, ek dink hulle is verslaaf.

No comments:

Post a Comment