Wednesday, September 2, 2009

First attempt at face painting


Ek is so ridiculously besig met die WHO job, maar Malie het gisteraand vir Matilda facepaint gegee vir haar verjaardag en moes dit net vandag uitprobeer. What fun!!! Helena en haar maatjie Bea is prinsesse en Matilda is 'n kat. Blykbaar gaan sy net miauw vir die res van die dag.

Monday, August 31, 2009

Lunch


Die perfekte lunch vir iemand wie se gunsteling kleur GROEN is!!

Monday, August 24, 2009

Die kinders en die honde











Was die naweek in Redelinghuys. Heerlike naweek van honde en kinders, almal so deurmekaar.

Thursday, August 13, 2009

Rugby en shopping




Ek en Theuns was Saterdag op Nuweland vir die Springbokke se game teen Australië. Wat 'n great dag!!! Ek dink ek was nog net een keer by 'n rugby game - saam met Helen toe ek destyds by 365 gewerk het en kaartjies vir 'n Stormers game in 'n raffle gewen het. Maar hierdie een was awesome!! Die laaste ou rusplekkie vir die Afrikaner nasie ten spyt.




Om 'n groot sportgeleentheid by te woon is soos om na 'n concert van een van jou gunsteling bands te gaan. Maak nie saak hoeveel keer jy na 'n cd kan luister nie, NIKS kom by die magic daarvan om iemand live te sien perform. Ditto met die Bokke op die kassie. I'm converted.




Het vandag vir Helena en Matilda se kamer 'n lampskerm gaan soek en die mees fabulous kussings by Mr Price Home gekry. Dit is eintlik bedoel vir die bank in Redelinghuys, maar tot tyd en wyl is dit op die blou bank in my sitkamer.




PS Die kinders sit vasgenael voor CBeebies. Honestly, ek dink hulle is verslaaf.

Monday, August 3, 2009

Getting the creative juices flowing


Het verf uitgesit vir die kinders vanmiddag. Mal daaroor om te sien waarmee hulle vorendag kom.

Tuesday, July 28, 2009

Great day for knitting


Gisteraand se funksie was redelik suksesvol. Dink die cupcakes moes kleiner gewees het - meer bite-size. Anyway, sal sien of daar iets van kom.

Sluit vandag 'n kiekie in van my nuutste passie: tea cosies!! Was nog altyd mal oor tea cosies en het onlangs 'n fabulous patroon gekry op die internet. Moes wel 'n video op die internet kyk om te sien hoe om kabelsteek te doen, maar dit is eintlik verspot maklik. Het nou al vir albei my teepotte cosies gebrei en is besig met een vir 'n vriendin. Dit is so lekker om iets van 'n patroon af te brei, want die kombers wat ek vir Helena brei kan nogals boring raak.

Monday, July 27, 2009

Dinge om te doen op 'n Dinsdag


Het aangebied om vanaand eetgoed vir die Huppelland skoolfunksie te neem. Begin toe dink aan wat Theuns nou die dag vir my gesê het oor catering werk - ek is so mal oor kosmaak, I might as well 'n bietjie geld daardeur maak.

So nou gaan ek vanaand die mees spectacular, lekkerste eetgoed skool toe neem en 'n kaartjie dat ek catering doen. Wie weet, dalk lei dit tot iets.

Meanwhile, 'n kiekie van die kinders in die tuin gister. Die weer is so stunning, hulle het actually die hele middag buite met die hond en in die jungle gym gespeel. Bring on summer.